'Operation Savannah
|
Nog voor ek kon droom Was ek verpak In nutria velddrag no 4 En voor die vrees van onbekend Tyd gehad het om te verstaan Ws ek geleer om te reageer Op impulse ewe onbekend Aan die jeug van wie hul my vertel Is die vyand van my volk As my eerste skoot hom tref En hy aanstaar met skok As sy bloed uit sy keel roggel Skokkend varsrooi In ‘n skrille son van geen genade En my verwyfeling Plek maak vir herhaling O so gereeld… En ek die malatto vroulikheid Argeloos gebruik sien word Om gebroke eenkant gegooi word In “A Luta Continua” En die sagheid van beskawing In die broosheid van die vrou In onwerklikheid verskiet Tot my siel verdrink het In ‘n stomp newel van gevoelloosheid Waaragter ek skuil En selfs nie eens Toe ek sand in die keel moes druk Sodat die vyand hom nie kon hoor En ek sy oe sien vermelk Nog voor hy kon begin droom Of toe ek die klonkie se keel Met die flits van my lem Moes stil om my te red Op ‘n missie sonder antwoord Vir ‘n bevel sonder sin Laat ek die rukkende lyfie daar le Ingebrand in my gewete En soos so baie ander skimme My nagrus met angsweet sal versteur Van hulle wat nie weer sal kan droom En ek my siel versmoor In onverbiddelike sinisme En die sagheid van ‘n vrou En die geskater van kleuters Altyd onwerklik ontwyk As die bloedstollende kreet van anargisme Sy onheilspellende dreigment rig Tot die fragiele lagie veneer En die satirise gekekkel weerklank vind In die hol beloftes van die volksleiers En die skyn van normaliteit Altyd tussen my vingers deursypel Soos ‘n droom waaroor ek nooit kans gehad het nie En sit ek maar en wag….. Copyright Stephanus Fourie |